Home
VGK Pretoria
Tuis Blad

Welkom

By die VGK Gemeente Pretoria waar ons God aanbid met hart en siel. Ons gemeente bestaan uit sowat 1500 lidmate en word tans bedien deur ds. J.C. Goeiman. Ons ereddienste begin Sondae om 09:30 en u is welkom om by ons aan te sluit indien u in die omgewing is. Die kerkgebou is geleë op die hoek van Ivan Beckett en Masonlaan, Eersterust. Vir aanwysings kliek asseblief hier

Ons Missie...

"Om n huisgesin van God te wees wat Hom aanbid en dien, vir mekaar omgee, sorg en in liefde aan ander in ons omgewing hulp verleen, bemoedig en hoop bring!"

 

Omgee jaar 2010 / 2011

Die doel van Omgeejaar 2010/11 is om gedurende die jaar te fokus op Omgee deur middel van spesifieke aksies deur Wyke en organisasies. Gedurende die erediens sal groter bewuswording van omgee in die gemeente geskep word en sodoende 'n gemeenskap van omgee vir mekaar en na buite ontwikkel.

 

Daar is met 'n afskopdiens op Sondag 18 April 2010 begin wat 'n inleiding en oorsig oor die tema gegee het. 'n Dankviering sal die program in Maart 2011 afsluit.

 

Vir meer besonderhede oor die omgee jaar, raadpleeg die Aktiwiteite kolom.

 

 
VGK Pretoria, Powered by Joomla!; Joomla templates by SG web hosting